Apollo 11

Apollo 11
Sendingwapen
Die Apollo 11-wapen bevat 'n arend,
met uitgestrekte vlerke en 'n olyftakkie
op die maan met die aarde in die agtergrond.
Die omranding is in blou en goudkleur
Sendingstatistiek
Sendingnaam: Apollo 11
Roepteken: Beheermodule: Columbia
Maanmodule: Eagle
Bemanningslede: 3
Lansering: 16 Julie 1969
om 13:32:00 UTC
Kennedy-ruimtesentrum
LC 39A
Maanlanding: 20 Julie 1969
om 20:17:40 UTC
0.67°N 23.47°O
Sea of Tranquility
Maanuitstappies: 2 uur 31 min 40 sek
Tyd op die maan: 21 uur 30 min
Aardlanding: 24 Julie 1969
16:50:35 UTC
Noordelike Stille Oseaan
13°19′N 169°9′W / 13.317°N 169.150°W / 13.317; -169.150 (Apollo 11 splashdown)
Tydsduur: 8 dae, 3 ure 18,5 minute
Die bemanning van Apollo 11, Armstrong, Collins en Aldrin.

Apollo 11 was die Amerikaanse ruimtesending waarmee die eerste mense op die maan, die Amerikaners Neil Armstrong en Buzz Aldrin, geland het op 20 Julie 1969 om 20:17:40 UTC.

Armstrong was die eerste mens om op die maanoppervlak te loop, ses uur later op 21 Julie 02:56 UTC. Armstrong het ongeveer twee en 'n half ure buite die ruimtetuig vertoef en Aldrin effens minder, en saam het hulle 21,5 kg (47,5 pond) se maanmateriaal ingesamel om terug te neem na die aarde. Die derde lid van die sending, Michael Collins, het alleen in die beheermodule van die ruimtetuig in 'n wentelbaan om die maan gevlieg, totdat Armstrong en Aldrin later na hom teruggekeer het vir hul reis terug na die Aarde.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search